As jy
hierdie pos lees, welkom na my gefluister, vindingryk wêreld!
Ja, ek het ‘n
naam en nee, dit is nie Betti Boekwurm nie. Eintlik, is dit Yushra Mallum. My
naam is Arabies en as ek eerlik MOET wees, ek weet GLAD nie wat my eie naam
bedoel nie. Dit maak nie werklik saak nie want as ek ‘n keuse gehad, sou ek kies om ‘n ninja te wees. Maar, ek het nie hierdie keuse
nie so intussen droom ek net daarvan.

Ek het ook ‘n
groot liefde om te teken en om te lees. Om ‘n warm, romerig kopppie koffie, ‘n sny sjokolade koek wat my ‘tastebuds’ laat
tingeling en natuurlik knus in my stoel reg vir ‘n koningin te sit, is absoluut
saligheid. Hierdie is party rede vir ‘Betti Boekwurm’ wat aflei van ‘Benni Boekwurm’.
Vir my is ons lewe soos ‘n ongeskrewe boek, maar ek sal die filosofies praat
vir die toekoms hou.
Tot ons
tweede ontmoeting,
Betti
Boekwurm