Tuesday 27 August 2013

My Gefluister Kop


As jy hierdie pos lees, welkom na my gefluister, vindingryk wêreld!

Ja, ek het ‘n naam en nee, dit is nie Betti Boekwurm nie. Eintlik, is dit Yushra Mallum. My naam is Arabies en as ek eerlik MOET wees, ek weet GLAD nie wat my eie naam bedoel nie. Dit maak nie werklik saak nie want as ek ‘n  keuse gehad, sou ek kies om ‘n  ninja te wees. Maar, ek het nie hierdie keuse nie so intussen droom ek net daarvan.

Ek hou baie om nuwe goed te leer, adrenalien haas te kry, word opgewonde oor alles (veral roomys en koek) en dit is hoekom ek so baie van natuur hou en om buitelug te wees. Alhoewel ek baie life vir natuur is, is ek doodbang vir skoonlappers. Dis reg, skoon lappers. Hulle is so pragtig, kleurvol en vredig, maar hulle gee my die heebie jeebies! Ek is seker dat dit iets te doen met hulle oë wat my laat gril.

Ek het ook ‘n groot liefde om te teken en om te lees. Om ‘n warm, romerig kopppie koffie,  ‘n sny sjokolade koek wat my ‘tastebuds’ laat tingeling en natuurlik knus in my stoel reg vir ‘n koningin te sit, is absoluut saligheid. Hierdie is party rede vir ‘Betti Boekwurm’ wat aflei van ‘Benni Boekwurm’. Vir my is ons lewe soos ‘n ongeskrewe boek, maar ek sal die filosofies praat vir die toekoms hou.

Tot ons tweede ontmoeting,

Betti Boekwurm