As jy
hierdie pos lees, welkom na my gefluister, vindingryk wêreld!
Ja, ek het ‘n
naam en nee, dit is nie Betti Boekwurm nie. Eintlik, is dit Yushra Mallum. My
naam is Arabies en as ek eerlik MOET wees, ek weet GLAD nie wat my eie naam
bedoel nie. Dit maak nie werklik saak nie want as ek ‘n keuse gehad, sou ek kies om ‘n ninja te wees. Maar, ek het nie hierdie keuse
nie so intussen droom ek net daarvan.
Ek hou baie
om nuwe goed te leer, adrenalien haas te kry, word opgewonde oor alles (veral
roomys en koek) en dit is hoekom ek so baie van natuur hou en om buitelug te
wees. Alhoewel ek baie life vir natuur is, is ek doodbang vir skoonlappers. Dis
reg, skoon lappers. Hulle is so pragtig, kleurvol en vredig, maar hulle gee my
die heebie jeebies! Ek is seker dat dit iets te doen met hulle oë wat my laat
gril.
Ek het ook ‘n
groot liefde om te teken en om te lees. Om ‘n warm, romerig kopppie koffie, ‘n sny sjokolade koek wat my ‘tastebuds’ laat
tingeling en natuurlik knus in my stoel reg vir ‘n koningin te sit, is absoluut
saligheid. Hierdie is party rede vir ‘Betti Boekwurm’ wat aflei van ‘Benni Boekwurm’.
Vir my is ons lewe soos ‘n ongeskrewe boek, maar ek sal die filosofies praat
vir die toekoms hou.
Tot ons
tweede ontmoeting,
Betti
Boekwurm
Betti Boekwurm...Dis nou 'n naam wat vir jou pas!
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
ReplyDelete1. Welkom by my...
2. gefluister, vindingryk - ? Ek is onseker oor wat jy bedoel.
3. bedoel nie - beteken nie
4. Ek hou baie om nuwe goed - Ek hou baie daarvan om nuwe...
5. adrenalien haas - om die adrenalien deur my are te voel bruis.
6. life - lief
7. vredig - woordkeuse
8. groot liefde om te - groot liefde daarvoor om te
9. romerig - romerige
10. absoluut - absolute
11. party rede - party van die redes
Betti Boekwurm baie mooi blog en ek stem saam!!!
ReplyDelete