Wednesday 2 October 2013

Die einde van ‘n kort Afrikaanse ‘blog’ verhaal.


Ek kan nie glo dit is verby niiiiieee!!!!!!!!! Ek onthou nog hoe opgewonde ek geword het toe mevrou verduidelik hoe ons gaan die kwartaal ‘blog’ oor enege iets ons wil wat ons persoonlikheid weerspieël. Ek het onmiddelik geweet (ja, mevrou, ek het begin dinkskrum terwyl jy ons geleer het. Net soos Daaglikse Dromer, het ek begin droom in Afrikaans lol) dat ek my ‘boekwurmness’ wou laat skyn want vir my kon ek oor enigiets praat.Jy kry boeke oor al vlakke van die lewe (poësie,verhale, algemene kennis, koekboeke, oor diere ens) en dit kan maklik verbind met ervarings in die
werklike wêreld.


Alhoewel ek aanvanklik so opgewonde was, toe ons ons eerste twee opdragte moes pos was dit nie moeilik nie. MAAR toe ons ‘n verhalende skryfstuk moes pos het dinge begin moeilik word. My kop het begin seer kry toe ek iets moes uitdink om ‘n verhaal te skryf. Die moeilikste ding vir my was wat om te KIES om moor te praat. Ek het so baie ideës gehad. My kop was 'buzzing' en toe wou ek net slaaaaaaap. Gelukkig was hierdie net een spoedwal op die pad van Afrikaanse ‘blogging’.


Dit is veilig om te sê dat ek ‘blogging’ eintlik baie geniet het. Ek oorweeg skoons om ‘n Engelse ‘blog’ te skep want ‘blogging’ (veral in Afrikaans) was ‘n ander ervaring vir my en het my voorgestel bekendgestel na ‘n ‘diverse’ wêreld van verskillende mense sowel as tegnologie. Ek sê hierdie want almal was oorspronklik met hulle ‘blog (ek het baie gelees want dit was interesant☺). Hulle het ‘blogs’ gehad wat hulle persoonlikheide ‘reflect’ en wat ek ook nog nooit van hulle so geweet of gedink het nie. Ek hou nie juis van sosiale netwerke vir verskillende rede (die mees belangrikste om dat ek lui is), maar (dit mag dalk ‘n bietjie verwaand klink) ek het geniet om oor myself te praat. Ek weet dat jou ‘blog’ behoort nie om altyd oor jou te gaan nie, maar vir hiedie assessering wou mervou Klopper meer oor ons weet.


Ek hou daarvan om iets nuut te doen en hierdie was beslis nuut vir my! Ek het nog nooit in my lewe gedink dat ek ‘n ‘blog’ sou moes skep wat vir Afrikaans as ‘n vak sal wees EN wat vir punte gaan tel nie. Dit was beslis ‘n besige 2 maande in vir my as 'n grondslagfase student, sjoe.

Fluit fluit my storie is uit,

Betti Boekwurm

1 comment:

  1. Boeke is 'n wêreld waarin ek my totaal kan verloor, so ek het jou "blog" baie geniet. Ek is bly dat jy dit as 'n positiewe ervaring sien. Dankie vir al jou moeite en ek hoop jy "rus" lekker na die twee maande se besigwees.

    ReplyDelete